Deel van Suid-Afrikaners se DNS sedert 2015!
Deel van Suid-Afrikaners se DNS sedert 2015!
Sedert 2015 deel 'n paar geharde braaiers, gereeld foto's van hul braai-aksies. "Wys Jou Vleis" het spoedig elke aand op whatsapp deur die land weerklink...En so is die Wys Jou Vleis gilde gestig.
Kort daarna het ons begin met ons produkreeks.
Al hierdie braaie wat uitbreek, loop hand aan hand met Wys Jou Vleis se uitnemende produkte om bobaas bykosse te bedien. Heerlike krummelpap gemaak van geurige growwe goudgeel braaipap – ons nr 1 verkoper!
Potjiekos en bredie word perfek afgerond met ons veerligte stampkoring asook stampmielies – ‘n keuse van wit of geel.
Wys Jou Vleis se koekmeel en witbroodmeel bak potbrode en roosterkoeke wat die mond laat water!
Ons 4 unieke speserye laat vleis meer na vleis proe as wat vleis proe…
Tans bestaan ons braai-toebehore reeks uit voorskote (hoofbraaier tot aspirant braaiertjies), braaiborsels, paproerders en Langasem Vuurblasers.
Ons jaarlikse Wys Jou Vleis saamtrek in die mooie Kalahari is ‘n hoogtepunt wanneer die Wys Jou Vleis gilde-lede die hele naweek lank lag en gesels, potjies optower en BraaiVleis Wys dat dit klap!
Wys Jou (Braai)Vleis - want ons is trots Suid-Afrikaans en braai is deel van ons DNS!
WYS JOU VLEIS - want `n braai gaan uitbreek!
Die WysJouVleis unieke spesery-reeks
`n Man moet seker die regte toerusting hê...
Braai is in ons DNS - raak deel van Suid-Afrika se WysJouVleis Braai-familie
Mon | By Appointment | |
Tue | 08:00 – 17:00 | |
Wed | 08:00 – 17:00 | |
Thu | 08:00 – 17:00 | |
Fri | 08:00 – 17:00 | |
Sat | By Appointment | |
Sun | Closed |
Teken in en bly op hoogte van ons jongste nuus en spesiale aanbiedinge... en wees betyds gereed vir die braai wat gaan uitbreek!